Taal word gebruik om sin te maak van die wêreld deur gedagte en kommunikasie. Dit is ook 'n manier om kulturele en estetiese waardes en betekenisse uit te druk. Doeltreffende taalgebruik stel studente in staat om kennis te verkry, hulself uit te druk, interaksie met ander te hê en hulle wêreld te bestuur. Die bemeestering van 'n taal bied 'n kragtige manier om diversiteit, identiteit, kennis en idees uit te bou en uit te druk. Deur taal word studente bemagtig om hulle wêreld te verwoord en daardeur 'n beter wêreld te skep as die een wat hulle geërf het.